.jpg)
Hierdie hekel bal is my mees populêre patroon. Die patroon is ongelukkig in Engels, maar ek hoop om dit binne kort te vertaal. Ek moet myself net eers gewoond kry aan Afrikaanse Hekel Terminologie.
.jpg)
Hierdie Aamse Hekel Bal is perfek vir klein vingertjies en nuuskierige ogies. En ek ken 'n grootmens of twee wat gesukkel het om die ding aan mekaar te sit. Maar dalk sê dit meer oor hulle as oor die kompleksiteit van die "puzzle".
Die bal bestaan uit 3 ringe. Elke ring bestaan uit 4 wiggies. Jou missie is om die ringe op so 'n manier aan mekaar te slaan dat jy met 'n bal op eindig.
Voor jy begin met die bal gaan jy die volgende nodig hê:
- 4.5 mm hekel pen
- dubbelbreidraad in kontrasterende kleure
- 'n wol naald
- ietsie om die bal mee te stop - die derms van 'n ou kussing, ou sykouse, plastiek sakke as jy wil hê hy moet kraak en ritsel...
Vertaling en Afkortings
|
|||
Amerikaanse Terminologie
|
Afrikaanse Terminologie
|
||
Ch
|
Chain
|
Ks
|
Kettingsteek
|
Sc
|
Single Crochet
|
Kb
|
Kortbeen
|
St
|
Stitch
|
St
|
Steek
|
Sl st
|
Slip stitch
|
Gs
|
Glipsteek
|
Sc2tog
|
Single Crochet 2 together
|
KbVermeer
|
Werk 2 kortbene in dieselfde steek
|
Die patroon is verniet. Jy kan dit bekom deur hierdie skakel te volg: Aamse Hekel Bal Patroon op Lookatwhatimade.net. Daar is ook 'n skakel vir 3 YouTube videotjies wat die stappe baie goed verduidelik. Die liewe vroutjie wat die video's gemaak het, het dit ook in Duits gedoen, so as jy Duits-magtig is, stof daai spinnerakke uit jou kop uit en probeer die ding in Duits aanpak!)
Ek hoop julle het almal 'n lekker, kreatiewe, geseënde dag!
xxx dedri
Best Casino Sites in Palm Springs - Mapyro
ReplyDeleteOur team of 수원 출장안마 experts have built up a list of 화성 출장안마 the best Palm 남양주 출장마사지 Springs casinos. The 고양 출장마사지 casino also houses a 평택 출장마사지 number of table games and games,